Sarrisam-spore
Sarrisam-spore
Luister na die Engelbrecht-stemme
deur Gert Sarrisam en medewerkers
Engelbrecht Familie Geskiedenis
1717-2011
VOORWOORD
Hierdie boek oor die Engelbrecht’s van Sarrisam het daartoe gelei dat ons die spore van ons voorvaders ver terug moes gaan vat. Ons wou graag weet wie ons werklik is en waar ons vandaan kom. Met my heupvervanging meer as ses jaar gelede, was ek gekniehalter. Ek het besluit om ‘n bietjie oor ons herkoms te skryf, asook oor die latere geslagte wat op Sarrisam grootgeword het.
Die kern van hierdie boek handel hoofsaaklik oor die vier geslagte van Sarrisam se mense en hul nasate. Die bronne van inligting was uiters beperk, omdat twee geslagte van die Sarrisam-familie reeds oorlede is. Ek en Sarel het in ons geheue gedelf en probeer om soveel as moontlik te onthou en oor te vertel. As ek foute gemaak het, vra ek nederig om verskoning.
Die leser moet besef dat ons gepoog het om die “onthou” van die verlede op skrif te stel en vir die nageslag te bewaar. U moet ook nie ‘n taalkundig korrekte geskrif met enige literêre waarde verwag nie. Die hoofkarakter in hierdie boek is oupa Joos, wat as skaapwagter deur swaarkry gesukkel het om vir Sarrisam as standplaas vir sy familie te bekom. Die meeste vertellings is insidente wat op Sarrisam afspeel – ‘n mengsel van drama en glorietye!
As gesin het ons ook die hartseertye beleef toe ons ouers op betreklik jong ouderdom oorlede is. Hul voorbeeld en nalatenskap bly vir ons kosbaar. Ek glo dis hoekom ons nageslag soveel seën en God se guns geniet. Ons eer hulle daarvoor.
Ek wil dankie sê aan al die broers en susters vir hul onderskeie bydraes tot hierdie boek. Ook aan al die neefs en niggies wat vir ons bydraes gestuur het. Ons het probeer om almal die geleentheid te gee om hul grootwordjare en die rol van hul ouers in herinnering te roep.
My broers en susters, dankie vir wat ons nog elke dag vir mekaar beteken. Die liefde en harmonie wat ons deur ‘n onsigbare band so saambind, maak dat ons die behoefte het om jaarliks bymekaar te kom.
Dankie aan my geliefde vrou, Hestelle, wat in haar druk program tyd ingeruim het om alles op rekenaar te sit. Ek waardeer dit uit my hart. My kinders, dankie vir jul ondersteuning en ou Nelis, dankie vir al die foto’s wat jy geneem het.
Ons erken met dank die navorsing wat Faansie Engelbrecht gedoen het in verband met die Engelbrecht-voorgeslagte. Dankie aan Maria Liebenberg, broer Koos en Hestelle wat saam met Terina gehelp het met die afronding van “Sarrisam-spore”. ‘n Spesiale dankie aan Terina le Roux vir die finale bladuitleg.
Gert Sarrisam
Leer ken die herkoms van die Sarrisam Engelbrecht familie.
Hoe het Sarrisam in Joos Engelbrecht se besit gekom?
Wat het van Gert Cornelis se broers en susters geword?
Waar bevind die vierde geslag van Joos Engelbrecht hulle?
Gert Sarrisam se broers en susters deel hul lewensverhale.
Hartseerverhale, familie-intriges, swaarkry dae word oorvertel soos net Gert Sarrisam kan.
Sagteband
A4-grootte
220 volkleurbladsye
450+ foto’s
R310
Navra: Hestelle Engelbrecht
sarrisam@telkomsa.net / 027 581 1021
Wel, geluk Gert, ons sien uit na die verskyning van hierdie boek – nog niks op ons plaaslike rakke nie!
Gaan jy iewers in Johannesburg kom eksemplare teke, dat ons dar kan wees.
Hannelien Vermeulen-strydom
Hannelien, Sarrisamspore is nie by die boekwinkels nie – dis maar ‘n familieboek, maar baie kosbaar vir die familie. Omtrent die hele familie het daaraan gewerk en foto’s van ál oupa Joos se nasate is daarin met kostelike stories. Elke familie behoort so ‘n erfstuk te hê!