Slaan oor na inhoud

Meer oor die skrywer

Gert Cornelis Engelbrecht is op 20 September 1944 op die familieplaas Sarrisam naby Wallekraal in die Sandveld aan die Weskus gebore. Sarrisam is ‘n Namawoord wat, sover nagevors kon word, “fluistering van die wind deur die riete” beteken.

Gert is die vierde van tien kinders. Weens sy vader se swak gesondheid moes hy die skool ná standerd agt verlaat om hom op die plaas te gaan help. Dis waar sy vader hom geslyp en voorberei het vir die ongenaakbare Namakwalandse boerdery. Hierdie leerskool bly vir hom kosbaar en van onskatbare waarde.

Hy is getroud met Hestelle Barnard, ’n nooi uit Piketberg se wêreld, wat op Garies kom skoolhou het. Hulle huwelik is geseën met vier dogters en ‘n seun, wat vandag as die vierde geslag saam met sy pa op die familieplaas boer. Hulle ses kleinkinders gee hulle baie vreugde en word baie bederf. Gert is ook ’n geregistreerde stoetdorperteler, en hy en Hestelle bestuur saam ‘n gastehuis op die plaas tydens die blommeseisoen.

Gert se liefde vir Namakwaland en sy mense het hom aangespoor om oor hierdie unieke landstreek en sy besonderse mense te skryf.

3 Kommentaar leave one →
  1. laurette venter permalink
    Februarie 22, 2010 11:01

    ek sal graag van die boeke bestel, stuur asseblief inligting. groete
    laurette

  2. Februarie 23, 2010 08:22

    Hallo Laurette!

    Kan jy asseblief vir my ‘n epos stuur na bestellings@gertsarrisam.co.za dan sal ek vir jou die nodige inligting stuur!

    Groete,
    Terina 🙂

  3. Februarie 24, 2010 21:34

    Jy kan ons maar bel ook by 027 5811021, Terina behartig alles uit die Kaap uit, maar julle is welkom om vir ons te bel. Gert gesels graag met die mense.
    Groete

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: